Met watter karakter uit die sprokies sou jy die maklikste identifiseer?
Ons lewens is stories!
Hierdie aanhaling uit Ben Okri se A Way of Being Free kan ook interessante perspektiewe bring:
We live by stories, we also live in them. One way or another we are living the stories planted in us early or along the way, or are also living the stories we planted – knowingly or unknowingly – in ourselves. We live stories that either give our lives meaning or negate it with meaninglessness. If we change the stories we live by, quite possibly we change our lives.
Omdat ek ervaar het dat baie mense nie noodwendig wil skryf met die doel om dit te publiseer op die een of ander manier nie, het ek ook Die land van stories geskryf vir mense wat net hulle lewens of die lewe wil verken op ‘n storiemanier.
‘n Mens kry interessante perspektiewe wanneer jy ‘n tree terug gee en jou eie lewe of die lewe beskou asof dit ‘n storie is. En soms blyk dit dan wat gelyk het na ‘n steenmuur in jou pad, slegs ‘n papiermuur was.
Gaan op jou eie ontdekkingstog as jy wil. Hier volg ‘n paar uittreksels uit die boek.
Meer inligting oor Die land van stories is by die skakel op die Blogroll.