Hoe gaan dit?

Indien ek jou êrens raakgeloop het, kon ek ook vir jou gevra het: “Hoe gaan dit vandag?” Dan sou jy heel waarskynlik geantwoord het: “Goed, dankie en met jou?/Kan nie kla nie. Jy?”

Is jy soms lus om: “Sleg. Dankie dat jy vra!” te antwoord op die beleefde/geykte manier van groet, indien dit wel met jou sleg gaan? ’n Ongewone reaksie op ’n “gewone” vraag, wat eintlik heeltemal sy/haar betekenis verloor het en slegs hol klanke is, kan dalk tiperend wees van ’n sekere soort mens, of ’n karakter. Karakters is ook mense of het menslike eienskappe.

(Uit Dag 7 van Die land van stories)

Gepubliseer on Oktober 2, 2009 at 12:56 nm  Comments Off  
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.